Quantcast
Channel: Gesond – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

Begin oefen met dié 6 maklike stappe

$
0
0

Jy weet jy moet, maar kom net nie aan die oefen nie? Begin deur daagliks net ’n bietjie meer te beweeg. Hier’s ses maklike stappe: 

Jy is nié gemaak om heeldag te sit nie. Maar dis presies wat ons doen. Ons stoel voor die rekenaar en ry waar ons wil wees. Jou pogings om gereeld te oefen word deur allerhande klein jakkalsies in die wiele gery. Totdat jy (nogmaals) tou opgooi.

Ons is geneig om te onderskat presies hoeveel ons sosiale kring ons denke beïnvloed, sê Jolene Wium, ’n gekwalifiseerde fisioterapeut en leefstylkonsultant van Pretoria.

Jy en jou vriendekring deel gewoontes, skryf Charles Duhigg in The Power of Habit (Random House, 2012). En vetsug is baie afhanklik van jou sosiale netwerke, het dr. Nicholas Christakis van Harvard se mediese skool bevind.

Do it NOW… because sometimes “later” becomes never….www.kaylaitsines.com/app

A post shared by KAYLA ITSINES (@kayla_itsines) on

As skuheid vir oefening ’n chroniese gewoonte is, probeer Jolene se wenke om jou leefstyl te help verander:

Stap 1

Besef beweging en oefening is belangrik vir jou toekoms en erken jou leefstyl is ongesond.

Stap 2

Kry mense wat jou kan ondersteun. Bou ’n emosionele verhouding met oefening deur ’n oefen-vriendin te hê. Sluit by ’n oefengroep aan (soos Run/Walk for Life).

Stap 3

Beweeg meer deur die dag Meet jouself met oefen-instrumente (soos ’n treëmeter of hartmonitor). Meting vorm ’n hoeksteen in die proses om jou gewoontes te verander. Peter Drucker, bekende Amerikaanse bestuurskonsultant, sê jy kan nie verander wat jy nie meet nie. Eenvoudige pret-aktiwiteite kan ’n verbasende impak op oefening hê. Onthou die hoelahoepel van die jare sestig? Hope pret, en goeie oefening vir jou middel. Maak vriende met mense wat reeds oefen.

Stap 4

Die belangrikste deel van ’n nuwe leefstyl is om iets te verander, groot of klein.

Stap 5

Vier oorwinnings, vertel jou vriende.

Stap 6

Hou aan nuwe doelwitte stel.

Bult jou spiere – sonder sweet

Sit of staan en fokus. Trek al jou spiere saam. Byt op jou tande, druk jou arms styf teen jou lyf, trek jou boudspiere, maagspiere, bobeenspiere en kuite saam. Krul jou tone en maak jou hande kloue. Jy moet byna begin bewe en rooi in jou gesig word. Doen dit sowat ’n minuut lank. Haal asem terwyl jy dit doen. Ontspan nou. Jy gaan nie glo hoe goed dit jou gaan laat voel nie. Doen dit ’n paar keer ’n dag en jy help jou liggaam om te ontsnap van die bose kringloop van cravings, te veel eet en gewig aansit – alles deel van insulienweerstandigheid.

Hier is nog voorbeelde van hoe jy aan’t beweeg kan kom:

Mariza van Zyl, dieetkundige, Paarl:

Loop op en af as jy op jou selfoon praat. Doen dit elke dag 10 minute lank teen ’n matige pas, en jy kan tot 4 000 kJ ’n maand verbrand. Dis ’n rapsie meer as ’n kg per jaar.

Simon Phillips, persoonlike afrigter en motiveringspreker, Pretoria:

Terwyl jy skottelgoed was, doen 20 kuitoefeninge. Lig jou hakke stadig tot jy op die bal van jou voete staan, hou die posisie ’n paar sekondes en laat sak. Jy kan vir balans aan die wasbak se rand vashou. Wanneer jy met wasgoed van die wasmasjien na die lyn toe stap, doen forward lunges. Hou jou rug regop, tree vorentoe en buig jou voorste been sodat dit ’n 90°-hoek vorm terwyl die ander een reguit bly. Kom regop en tree vorentoe met ander been. Terwyl jy vir die mikrogolfoond wag, stut jou rug teen die muur en sak af tot jou bene in ’n 90°-sittende posisie is.

Kontak:

Jolene Wium wiumjolene@gmail.com

Mariza van Zyl www.bettereat.net

Simon Phillips 081 218 1494, simonwphillips@gmail.com

Hierdie artikel het oorspronklik in SARIE se Februarie 2014-uitgawe verskyn. 

The post Begin oefen met dié 6 maklike stappe appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!