Quantcast
Channel: Gesond – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

5 stappe in die oggend en verloor gewig!

$
0
0

Opstaan, opstaan en verloor gewig! Wil jy ’n paar kilogram afskud, meer energie kry en beter voel oor jouself? Dié gesonde oggendroetine is jou eerste tree in die regte rigting.

Jy volg gedurig ’n dieet en probeer verwoed om meer tyd te maak vir oefening. En tog bly jy bang vir die skaal. Is jy desperaat om gewig te verloor? ’n Roetine wat jou langtermynsukses waarborg, pleks van dieetgiere en kitsoplossings, is beslis die moeite werd. Skop jou dag af met die volgende 5 maklike stappe – en jy sal sien hoe vinnig die skaal se naald in die régte rigting beweeg!

MOOD-Unsplash-liggaam-570x360 (1)

Stap 1: Staan 30 minute vroeër op

Stel jou wekker om ’n halfuur vroeër af te gaan – selfs al is dit dalk in die begin moeilik. Volgens navorsing aan die North- western University in die VSA, wat in 2014 gepubliseer is, het blootstelling aan vroegoggendlig die deelnemers se liggaamsgewig beïnvloed, asook hul sirkadiese ritme (die liggaam se interne horlosie) – in so ’n mate dat diegene wat elke dag die eerste sonstrale gesien het, ’n laer liggaamsmassa-indeks (LMI) gehad het as die laatslapers. Hulle was dus minder geneig tot oorgewig.

FOTO Instagram/ @mirandakerr

FOTO Instagram/ @mirandakerr

Stap 2: Drink water en ’n koppie tee of koffie

Dis baie belangrik dat jy gehidreer bly en daarom noodsaaklik dat jy met die opstaanslag soggens vloeistof drink, veral nadat jy deur die nag gevas het. Jou liggaam het water nodig om te oorleef. Daar is boonop ’n gewigsvoordeel indien jy water drink wanneer jy opstaan, so 30 minute voor ontbyt.

Miranda Kerr Instagram

FOTO Instagram (@mirandakerr)

Stap 3: Eet ’n stewige ontbyt

Jou liggaam het brandstof nodig, daarom kan jy nie sommer ontbyt oorslaan nie. Daarsonder gaan jy nie deur die dag kom nie. En as jy nie elke dag ’n goeie ontbyt eet nie, gaan jy ook sukkel om gewig te verloor.

Dis ook die maklikste om met ontbyt meer vesel in te neem, wat belangrik
is vir gewigsbeheer.

FOTO Instagram / @chrissyteigen

FOTO Instagram / @chrissyteigen

Stap 4: Rek, beweeg en oefen

Maak tyd om te strek en te beweeg voor- dat jy jou dag aanpak. Fisieke aktiwiteit is een van die beste maniere om kilojoules te verbrand, fiks te bly en chroniese leefstylsiektes soos tipe 2-diabetes, hoë bloeddruk en hartsiektes te voorkom.

As jy vroegoggend oefen, is die kans ook skraler dat jy jou daaglikse oefening oorslaan omdat jy later in die dag te besig raak. Dink mooi: Hoeveel keer beplan jy om ná werk te oefen, maar dan gebeur dit net nie omdat jy opgehou word deur vergaderings en verkeer?

FOTO Instagram / @karliekloss

FOTO Instagram / @karliekloss

Stap 5: Pak ’n gesonde kosblik in

En laastens, pak ’n gesonde kosblik vir jou werkdag. As jy jou etes goed beplan, sal jy minder geneig wees om jou aan ongesonde eetgoed te vergryp wanneer die honger toeslaan.

Volgens SARIE se dieetkundige, Mariza van Zyl, is voorbeelde van gesonde peuselkos:

– ’n Vuisgroot porsie vrugte

– Ongegeurde jogurt

– ’n Hand vol gesnipperde droë vrugte en rou neute (liefs ongesout)

Rog-kraakbrood of saad-kraakbrood met organiese grondboonbotter (geen ekstra suiker of gehidrogeneerde vet),

Hoemoes 

Maaskaas of avokado of ’n porsie ryp kaas

– ’n Hand vol babatamaties of seldery en rou wortelstokkies

– Kry ’n bottel yskoue water en jy is reg vir die dag.

Lees nou

Mojito-koek: Perfek vir die somer!

Lyk slanker – ja, veral met horisontale strepe!

Gebruik jy die regte blosser vir jou gelaat?

The post 5 stappe in die oggend en verloor gewig! appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!