Opgeblaas? Deksels ongemaklik, ja. Dis dalk dié onskuldige gewoontes wat jou soos ’n ballon laat uitpof.
Te veel sout in jou broodjie
Selfs ’n gesonde toebroodjie bevat gewoonlik sout, wat jou kan laat opblaas. Dit kan weens vogretensie wees. Voeg daarby verwerkte deli-vleis, en voor jy weet, is jou sout-inname heelwat meer as die aanbevole 2 400 mg per dag (sowat 1 teelepel tafelsout).
Wenk: Kombineer altyd deli-koue vleis met rou groente. Wissel ook jou daaglikse broodjie met ander kosse af.
Dieet-produkte
Baie van dié produkte bevat kunsmatige versoeters soos xilitol (lekkergoed, kougom, koekies en laekoolhidraat-brood). Xilitol verteer nie goed nie (of glad nie) en kan erge opgeblasenheid veroorsaak. Ná ’n paar weke raak jou spysverteringstelsel daaraan gewoond en jy sal minder uitswel. Besluit self of jy vir dié aanpassing kans sien.
Drink met ’n strooitjie
Smoothies, sappe . . . baie drankies word deesdae so dik gemaak dat
jy dit deur ’n strooitjie moet suig. Jy sluk dan baie ekstra lug, maak nie saak hoe stadig of diep jy teug nie.
Wenk: Drink liewers direk uit die glas uit.
Lees nou
The post Ballonmaag? Dié gewoontes laat jou uitpof (DEEL 1) appeared first on SARIE.