Opgeblaas? Deksels ongemaklik, ja. Dis dalk dié onskuldige gewoontes wat jou soos ’n ballon laat uitpof.
Kos na aan slaaptyd
Eet aandete so 3-4 uur voor jy bed toe gaan. Lê jy, vertraag dit die kos se vertering en jy voel soggens winderig.
Wenk: Moet jy laat eet, kies iets kleins, soos ’n vrug of onversoete jogurt.
Ouderdom
As jy ouer is kan jy opgeblaas voel omdat minder maagsuur geproduseer word. Spesifiek proteïene verteer dan nie goed nie en is een van die algemeenste oorsake van opgeblasenheid. Dis veral ’n probleem as jy jare lank teensuur-medikasie neem.
Wenk: Eet ’n paar skyfies papaja of pynappel en ’n teelepel appelasyn (sommer oor jou slaai) voor ’n maaltyd met proteïene.
Gaskoeldrank en borrelwater
Jou maag swel van die borreltjies in gaskoeldrank en borrelwater.
Wenk: As jy regtig nie daarsonder kan klaarkom nie, los die bottel ’n paar uur lank oop sodat die gas kan ontsnap.
Lees nou
Ballonmaag? Dié gewoontes laat jou uitpof (DEEL 1)
The post Ballonmaag? Dié gewoontes laat jou uitpof (DEEL 2) appeared first on SARIE.