Quantcast
Channel: Gesond – SARIE
Viewing all 219 articles
Browse latest View live

Ballonmaag? Dié gewoontes laat jou uitpof (DEEL 1)

$
0
0

Opgeblaas? Deksels ongemaklik, ja. Dis dalk dié onskuldige gewoontes wat jou soos ’n ballon laat uitpof.

Te veel sout in jou broodjie

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Selfs ’n gesonde toebroodjie bevat gewoonlik sout, wat jou kan laat opblaas. Dit kan weens vogretensie wees. Voeg daarby verwerkte deli-vleis, en voor jy weet, is jou sout-inname heelwat meer as die aanbevole 2 400 mg per dag (sowat 1 teelepel tafelsout).

Wenk: Kombineer altyd deli-koue vleis met rou groente. Wissel ook jou daaglikse broodjie met ander kosse af.

Dieet-produkte 

Baie van dié produkte bevat kunsmatige versoeters soos xilitol (lekkergoed, kougom, koekies en laekoolhidraat-brood). Xilitol verteer nie goed nie (of glad nie) en kan erge opgeblasenheid veroorsaak. Ná ’n paar weke raak jou spysverteringstelsel daaraan gewoond en jy sal minder uitswel. Besluit self of jy vir dié aanpassing kans sien.

Drink met ’n strooitjie 

sk0812smoothies01

Smoothies, sappe . . . baie drankies word deesdae so dik gemaak dat
jy dit deur ’n strooitjie moet suig. Jy sluk dan baie ekstra lug, maak nie saak hoe stadig of diep jy teug nie.

Wenk: Drink liewers direk uit die glas uit.

Lees nou

The post Ballonmaag? Dié gewoontes laat jou uitpof (DEEL 1) appeared first on SARIE.


Ballonmaag? Dié gewoontes laat jou uitpof (DEEL 2)

$
0
0

Opgeblaas? Deksels ongemaklik, ja. Dis dalk dié onskuldige gewoontes wat jou soos ’n ballon laat uitpof.

Kos na aan slaaptyd

Eet aandete so 3-4 uur voor jy bed toe gaan. Lê jy, vertraag dit die kos se vertering en jy voel soggens winderig.

Wenk: Moet jy laat eet, kies iets kleins, soos ’n vrug of onversoete jogurt.

Ouderdom

As jy ouer is kan jy opgeblaas voel omdat minder maagsuur geproduseer word. Spesifiek proteïene verteer dan nie goed nie en is een van die algemeenste oorsake van opgeblasenheid. Dis veral ’n probleem as jy jare lank teensuur-medikasie neem.

Wenk: Eet ’n paar skyfies papaja of pynappel en ’n teelepel appelasyn (sommer oor jou slaai) voor ’n maaltyd met proteïene.

Gaskoeldrank en borrelwater

Jou maag swel van die borreltjies in gaskoeldrank en borrelwater.

Wenk: As jy regtig nie daarsonder kan klaarkom nie, los die bottel ’n paar uur lank oop sodat die gas kan ontsnap.

Lees nou

Ballonmaag? Dié gewoontes laat jou uitpof (DEEL 1)

The post Ballonmaag? Dié gewoontes laat jou uitpof (DEEL 2) appeared first on SARIE.

Verkoue? Ruk jou lyf reg!

$
0
0

Die jaar vlieg so vinnig, voor jy jou oë uitvee is dit winter. Daar is reeds mense wat hoes, nies en snuif. Verkoue, griep, brongitis. Ruk jou lyf reg en sorg dat jy nie siek word nie.

Kry genoeg slaap

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Jou lyf het 2 teenstellende hormone: kortisol wat veroorsaak dat jou liggaam vet stoor, en groeihormone wat vet verbrand. Gewoonlik vervaardig jou lyf soggens die meeste kortisol en teen so nege-uur saans, wanneer jy begin vaak voel, die minste. Gaan jy nie nou bed toe nie, skei jou lyf nog kortisol af om jou wakker te hou. Slaap ook lank genoeg, sowat 7 – 9 uur, want groeihormone word dan afgeskei. As jy steeds laat bed toe gaan, neem vroegaand ’n aanvulling wat ’n ontspannende kruiemengsel soos Relora bevat.

Vermy alkohol in oormaat

MOOD Drinks

FOTO: Unsplash

Dit stimuleer jou lewer om bio-chemiese stowwe af te skei, wat hartaanvalle, diabetes
en gewigstoename kan veroorsaak. Jy kan die uitwerking daarvan teëwerk deur anti-inflammatoriese kosse soos borrie en gemmer te eet, of ’n aanvulling soos melkdissel-ekstrak (milk thistle) te neem.

Laat jou hart werk

FOTO: Unslash

FOTO: Unslash

Doen kardiovaskulêre oefeninge sowat 45 minute lank, byna daagliks. Oefening wat jou hart vinniger laat klop, help jou gewig verloor – hoewel nie so baie soos wat
ons altyd gedink het nie. Maar jou risiko vir chroniese toestande soos hartsiektes, diabetes en selfs kanker verminder beduidend.

Los die trooskos

FOTO: Unsplasg

FOTO: Unsplasg

Kos met suiker en verfynde koolhidrate, soos brood en pasta, vergroot jou risiko vir toestande soos diabetes, hartsiektes en vetsug. Aanvullings soos Garcinia cambogia en chroom kan dalk help om jou liggaam teen die skadelike uitwerking daarvan te beskerm, maar dis steeds beter om dié trooskosse te beperk of heeltemal te vermy.

Kap stres met ’n ses

photo-1430807304629-07adaeffd303

FOTO: Unsplash

Stres kan dodelik wees. Dit vermeerder hormone wat jou bloeddruk opjaag,
jou angstiger maak en selfs hartaanvalle veroorsaak. Ontwikkel gewoontes om stres te ontlaai, soos ’n rustige wandeling in die natuur of speel met jou troeteldiere. Of maak komplekse koolhidrate soos heelkorrel-hawermout deel van jou dieet vir ’n konstante
bron van die goedvoel-chemikalie serotonien. Kruie-aanvullings wat jou lyf teen stres se uitwerking kan help beskerm, is Rhodiola rosea en Ashwagandha.

Lees nou

The post Verkoue? Ruk jou lyf reg! appeared first on SARIE.

Nee, dis nie jou skildklier se skuld nie!

$
0
0

Wat is jou grootste mediese dilemma? Ons het dit eenkeer vir SARIE se Facebook-vriende gevra. Een daarvan was jou skildklier. Verstaan jy werklik hoe joune werk? Onderskei só feit van fiksie.

Jou skildklier kry baie keer die skuld as jy gewig aansit. (Dikwels onverdiend!)

Mood

FOTO: Unsplash

MITE:  Ek kan nie gewig verloor nie omdat ek ’n onderaktiewe skildklier het

Baie mense dink ’n skildklier wat onderaktief is, is die rede dat hulle gewig aansit of sukkel om gewig te verloor.

“Dis waar dat ’n onderaktiewe skildklier tot ’n toename in gewig kan lei of dit moeilik maak om gewig te verloor. Wanneer die pasiënt egter op hormoonvervangingsterapie is en hul skildklierfunksie normaal toets, kan die skildklier nie langer die skuld kry vir hul gewigsprobleem nie,” sê dr. Joel Dave van die tiroïed-kliniek by die Universiteit van Kaapstad se private akademiese hospitaal.

In dié geval is leefstylveranderinge noodsaaklik om goeie gesondheid en ’n gesonde gewig te bevorder.

* Storie geskryf deur Joanne Lillie, Health24.

Die skrywer het nog vier mites gaan ondersoek, wat in die SARIE se Maart 2016-uitgawe verskyn het.

Lees nou

The post Nee, dis nie jou skildklier se skuld nie! appeared first on SARIE.

Nee, dis nie jou skildklier se skuld nie! (Deel 2)

$
0
0

Wat is jou grootste mediese dilemma? Ons het dit eenkeer vir SARIE se Facebook-vriende gevra. Een daarvan was jou skildklier. Verstaan jy werklik hoe joune werk? Onderskei só feit van fiksie.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

MITE: Jy kan tiroïedprobleme met ’n gesonde dieet en gereelde oefening voorkom

’n Onderaktiewe skildklier word dikwels veroorsaak deur ’n outo- immuuntoestand, waar die immuunstelsel die skildklier as ’n “indringer” sien. Dit bring mee dat
die liggaam teenliggaampies vervaardig wat die skildklier aanval en veroorsaak dat dit onderaktief raak. Ander algemene oorsake sluit onder meer
in behandelings vir ’n ooraktiewe skildklier, soos behandeling met radioaktiewe jodium.

Dis nietemin voordelig vir jou algehele gesondheid om ’n gesonde leefstyl te handhaaf. Dit sluit in dat jy jou stresvlakke beheer, genoeg slaap kry,’n gesonde dieet volg en genoeg oefening kry. Sommige navorsers meen dat stres as sneller kan dien vir outo-immuunsiektes wat met die skildklier verband hou in mense met ’n genetiese geneigdheid.

“’n Dieet wat jodium en selenium bevat, is al wat nodig is vir die normale funksionering van jou skildklier by mense wat nie skildklierprobleme het nie,” sê dr. Dave, wat onlangs mede- koördineerder was van ’n nasionale inisiatief om riglyne saam te stel vir die bestuur van skildkliersiektes in Suid-Afrika.

“Die meeste mense se dieet bevat genoeg van hierdie elemente, en
in Suid-Afrika maak ons regering seker ons kry genoeg jodium in deur middel van gejodeerde sout. Daar is geen wetenskaplike bewyse dat enige aanvullings, spesiale diëte of oefening skildklierprobleme kan voorkom of as behandeling kan dien nie.”

* Storie geskryf deur Joanne Lillie, Health24.

Die skrywer het nog vier mites gaan ondersoek, wat in die SARIE se Maart 2016-uitgawe verskyn het.

Lees nou

The post Nee, dis nie jou skildklier se skuld nie! (Deel 2) appeared first on SARIE.

6 wenke vir sooibrand

$
0
0

Al weer sooibrand? Voorkom olikheid ná die vrolikheid. Oftewel, suur en maagsap wat in jou slukderm beland. Dit veroorsaak daardie branderigheid en ongemak in die middel van jou borskas. Hier is ses wenke wat die volgende sooibrand gaan verhoed.

1) Vermy kosse wat jou simptome vererger.

2) Eet klein porsies en moet jou nie te vol kos stop nie. Jy kan dalk selfs meer gereeld kleiner maaltye eet. Eet stadig en kou jou kos goed.

3) Vermy aktiwiteite wat kan veroorsaak dat jy ekstra lug sluk, soos rook,
vinnig eet, kougom kou en vloeistowwe met gas.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

4) Verminder stres, bv. met behulp van ontspanningstegnieke. Aërobiese oefeninge 3 – 5 keer per week kan help, maar nie direk ná ete nie.

5) Moenie binne 2 uur ná ete gaan lê nie.

6) Verloor gewig.

MOOD Lees nou

FOTO: Unsplash

Bronne: www.health.harvard.edu

Lees nou

The post 6 wenke vir sooibrand appeared first on SARIE.

Hou jou oë só rekenaarfiks

$
0
0

Kyk jou oë skoon oormekaar omdat jy heeldag stip na die rekenaar staar? 20 % dis hoeveel swak sig jou produktiwiteit by die werk kan verminder! Hier is 5 wenke om jou oë rekenaarfiks te hou.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

1) Maak seker jou voorskriflense is nog geskik vir jou oë en gepas vir rekenaargebruik.

2) Dra liefs ’n bril, nie kontaklense nie, vir rekenaarwerk. Dit kan help om oogspanning weens die skerm se kontrasterende en skerp lig te verminder. Vir droë oë, knip dit meer gereeld of gebruik oogdruppels.

3) Kies ’n gemaklike stoel met goeie ondersteuning vir jou rug. Stel jou rekenaarskerm en ander toestelle op jou lessenaar daarvolgens.

4) Onthou die 20/20/20-reël. Laat jou oë elke 20 minute rus. Kyk dan 20 sekondes lank na ’n voorwerp wat 20 voet (sowat 6 meter) weg is, buite of in die vertrek.

5) Verfris jou oë: Gaan stap elke twee uur 10 – 15 minute lank.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Bron: Mellins i-Style

Lees nou

 

The post Hou jou oë só rekenaarfiks appeared first on SARIE.

10 dinge wat jy by jou troeteldier kan leer!

$
0
0

Hulle is nie net ’n mens se beste vriend nie. Maar kietsie en oubaas kan jou óók ’n ding van die lewe leer.

Hier is 10 goed wat jy by jou troeteldier kan leer

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

1) Leef in die oomblik.

2) Moet nooit jou instink ignoreer nie.

3) Fokus op jou verhoudings, wees lief vir die mense en diere om jou.

4) Jy “praat” nie net met woorde nie. Jou stemtoon en gesigsuitdrukking verklap ook jou emosies en bedoelings.

5) Gun jouself tyd om te rus en te reflekteer.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

6) Onthou om te speel.

7)  Moenie jouself te ernstig opneem nie.

8) Laat vaar jou verknogtheid aan jou trots, selfbelang en om altyd reg te wil wees.

9) Oefen om te vergewe.

10) Wees sonder voorbehoud lief vir ander.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Bron: The Soul of All Living Creatures: What Animals Can Teach Us About Being Human deur Vint Virga (Broadway Books, 2014)

Lees nou

The post 10 dinge wat jy by jou troeteldier kan leer! appeared first on SARIE.


4 maniere om jou vel mooi te eet

$
0
0

Jou vel is een van jou grootste organe – en word grootliks beïnvloed deur hoe gesond jy eet. 

1) ‘Warm’ kos

Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle

Lank nadat jy die sweet van jou bolip afgevee het, sal die gesondheidsvoordele van ’n bord skerp gegeurde kos met kerrie/borrie/ rissies jou ’n meer gesonde blos gee. Nie net sorg dit dat meer bloed na jou vel vervoer word nie, dit bevat ook belangrike voedingstowwe wat onder meer die veroudering van jou vel help vertraag.

2) Vitamien A

FOTO: Lee Malan

FOTO: Lee Malan

Vitamien A is noodsaaklik vir ’n gesonde, blosende vel. Room, volroommelk en -produkte, eiergeel, wortels, geelperskes en donkergroen en geel/oranje groentes sal in jou behoeftes voorsien.

3) Sterk soos Popeye

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

1 uit 5 vroue is anemies (ly aan bloedarmoede) weens ’n ystertekort. Daarsonder kan jou bloed nie genoeg suurstof vervoer nie en sal jy bra bleek wees. Die beste bronne is lewer, rooivleis, sardiens, oesters, mossels en eiers. Plantaardige bronne sluit in gedroogde appelkose, pruimedante, dadels, vye en neute.

4) ‘Gesonde’ vette

sr1006vis.snoek_patats

Eet jou sardiens. En salm, makriel en snoek. Dis bronne van omega 3-vette, waarsonder jou vel stram en vaal sal wees. Ons kry heeltemal te min daarvan in. Daar is tot 20 keer meer omega 6-vette (sonneblomolie, druiwepit- olie, verwerkte kosse, margarien) in ons dieet. Kies dus jou vette versigtig

Lees nou

The post 4 maniere om jou vel mooi te eet appeared first on SARIE.

Dieet net 2 dae van die week

$
0
0

Dit klink te goed om waar te wees: jy volg net twee dae van die week ‘n dieet. En jy word nie net maerder nie, maar kan glo ook langer leef.

Kate Middleton se groter wordende baba-boep was nie al wat Brittanje vanjaar aan’t gons gehad het nie. Ook op almal se lippe is hul eie middellyn – en ’n blitsverkoper-dieetboek. Sedert The Fast Diet deur dr. Michael Mosley en Mimi Spencer (Short Books) in Januarie vanjaar verskyn het, was dit maande lank nommer een op Amazon se Britse webblad. Die aanloklike prik op die titelblad: Lose Weight, Stay Healthy, Live Longer.

Dit klink te goed om waar te wees: Jy volg net twee dae van die week ’n dieet. En jy word nie net maerder nie, maar kan glo ook langer leef. Die uitgangspunt is onderbroke vas (OV). Dit het in Brittanje bekend geword as die 5:2-dieet. Jy volg vyf dae lank ’n gesonde, gebalanseerde dieet. En vas twee dae. Maar dié vas beteken nie jy eet niks nie. ’n Tipiese vasdag behels twee maaltye van sowat 1 000 – 1 250 kJ elk, na gelang van jou geslag. Vroue eet in totaal sowat 2 000 kJ, mans sowat 2 500 kJ. Dis gelyk aan 2 roereiers en ’n stukkie spek vir ontbyt en ’n bord gestoomde vis en enige groente vir aandete. En water, swart koffie en/of tee. (Volgens dr. Mosley is die normale gemiddelde daaglikse inname vir vroue sowat 8 000 kJ en vir mans is dit sowat 10 500 kJ. Ons Suid-Afrikaanse leefstyl is egter meer soos die Amerikaners s’n – ons ry oral, sê Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van die Paarl. As jy onaktief is, moet jy minder eet: sowat 6 200 kJ vir vroue en 7 600 – 8 400 kJ vir mans.)

Die geheim tot gewigsverlies, volgens die boek, is dat jou lyf ná slegs ’n paar uur die meganismes afskakel wat vet stoor. En dié aanskakel wat vet verbrand.

Inderdaad, sê Mariza. Navorsers aan die Universiteit van Sheffield in Engeland het ’n interessante proefneming gedoen.Twee groepe mense moes ’n dieet volg. Een groep vir drie maande ’n gewone, “gesonde” een: Die maaskaas-enkraakbeskuitjie- patroon wat jy maar te goed ken. Jy stoom jou groente. Jy tel jou porsies …

Die ander groep se dieet is só verander dat hulle net twee dae van die week hul kilojoules moes tel. Die res van die week kon hulle “normaal” eet. Die resultaat was verrassend: Die tweede groep het meer gewig verloor as dié wat die gewone, “gesonde” roete gevolg het. (SARIE het reeds in die Desember 2011- uitgawe daaroor berig. Mariza het die Sheffield-program spesiaal vir SARIE-lesers aangepas – sodat dit gesond is en ons Suid-Afrikaanse kosse en smake in ag neem.*)

EET, VAS EN LEEF LANGER

Die man wat Brittanje aan’t praat gesit het, is dr. Michael Mosley, medeskrywer van The Fast Diet en bekende mediese joernalis. Hy het die wetenskap daaragter en die gesondheidsvoordele op die harde manier ondersoek: met homself as proefkonyn. Sy pogings is verlede jaar as ’n BBC-dokumentêr, Eat, Fast and Live Longer, uitgesaai. Mary-Jane Sagar, ’n Suid-Afrikaanse apteker wat in Brittanje woon, het die dokumentêr gesien.

“Hy het die gesondheidsvoordele van ’n lae kJ-inname ondersoek, asook verskeie maniere om jou totale kJ-inname te verminder. Dit kan glo jou lewe verleng en die aftakelende uitwerking van die ouderdom uitstel, insluitende demensie.”

Onderbroke vas: 2 maniere

Langer 1 tot 2 keer per week: Jy vas vir tot 24 uur – 1 tot 2 dae per week. Jy eet bv. jou laaste maaltyd Dinsdag 6 nm. en eet weer Woensdag 6 nm. Of jy volg die 5:2-dieet.

Korter Jy vas ’n paar keer per week (dit kan daagliks wees). Jy eet al jou kJ in ’n tydperk van 6 tot 8 uur – en vas die res van die tyd.
Bron: www.theiflife.com

Mary-Jane se manier

“Aanvanklik het ek op vasdae ’n klein ontbyt en aandete geeet en middagete oorgeslaan. Maar ek het gevind dit werk die beste as ek die meeste van my kJ saans eet. Ek drink baie water, tee en koffie (laasgenoemde met melk). En ek verknies my nie oor daardie beskuitjie of ekstra porsie lasagne nie, want môre kan ek dit eet. Ek het aanvanklik op vasdae nogal honger geword. Maar my maag het skynbaar ’n bietjie gekrimp en ek is nou gouer versadig. Nou sien ek al daarna uit en ek word nie meer so honger nie.”

WENKE VIR VASDAE

  • Drink baie vloeistof. Dit laat jou versadig voel, help met konsentrasie en voorkom hardlywigheid.
  • Sop, sop, sop.
  • Geen koolhidrate en vleis op vasdae nie, dis te veel kJ!
  • Eet baie vars groente en slaai (sonder slaaisous).
  • Groente-kerrie met bone en lensies.
  • Beplan maaltye vooruit.
  • Oefening laat jou vergeet van die honger.

“Ek beperk my kJ vir twee nie opeenvolgende dae. Die res van die tyd eet ek min of meer wat ek wil.”
Mary-Jane Sagar, apteker


Dr. Mosley het vinnig die meer ekstreme vorm van vas gelos. (Soos ’n koppie lae-kJ-sop elke 24 uur vir 4 opeenvolgende dae.) Hy het op die 5:2-verhouding besluit: Dit was die maklikste om vol te hou.

Oor die feit dat dit Brittanje stormenderhand verower het, sê Mary-Jane: “Ek dink dis die eenvoud daarvan. Ek beperk my kJ vir twee nie-opeenvolgende dae (Maandae en Woensdae). Die res van die tyd eet ek min of meer wat ek wil. Dit gesê, ek eet taamlik gesond en nooit kitskos nie.”

Sy hou nou sowat ’n jaar daarmee vol en het ’n rokgrootte gekrimp, al was sy nie oorgewig nie. “Vir my gaan dit oor gewigsbeheer saam met lekker eet.”
Jy verloor boonop hoofsaaklik vet, nie spiere nie, het dr. Mosley bevind. Jy het ook ’n laer risiko vir diabetes, kanker en hartsiektes. En jy het meer energie, want jou liggaam gaan in ’n herstel-fase as dit nie meer so hard hoef te werk om die kos te stoor wat jy inneem nie.

(Die voordele van onderbroke vas is hoofsaaklik op rotte, maar ook op sommige mense getoets.) Nie almal stem hiermee saam nie. Die Britse National Health Service sê in ’n verklaring op hul webblad (www.nhs.uk) daar is nog baie onsekerheid oor onderbroke vas en beduidende gate in die bewyse
dat dit goed is vir jou. Daar is ook newe-effekte, wat insluit slegte asem, dehidrasie en geïrriteerdheid.

Nathalie Mat, geregistreerde dieetkundige van MME Dietitians in Johannesburg, het The Fast Diet gelees en beaam dit. “Daar is baie min navorsing gedoen oor die langtermyneffek daarvan. Ons kan nie studies op muise sonder meer op mense van toepassing maak nie. As jy jou kJ drasties sny, kry jy dalk nie genoeg voedingstowwe in nie. Eet jy boonop minder gesond op die dae waarop jy nie vas nie, is die kans nog groter vir ’n vitamien- en mineraaltekort. Nee wat, dié manier van eet is eeue gelede al by ons ingebou, reken dr. Mosley. Ons oergrootjies het ’n feesof- honger-ly-bestaan gevoer, sê hy op www.thefastdiet.co.uk

Hulle het hulself ná ’n groot jagtog knuppeldik geëet. En dan honger gely tot die volgende suksesvolle jagtog. Hul dieet het ook nie uit so baie koolhidrate bestaan nie. Die 5:2-dieet is ook baie gewild by mans, sê dr. Mosley, wat sowat 28 000 volgelinge op Twitter het. Dis maklik om dit by jou skedule aan te pas, want dieet vir ’n dag hier en een daar voel nie na so ’n groot marteling nie.

’n Variant daarvan, die 2-dag-dieet, is ontwikkel om vetsugtige vroue te help om gewig te verloor en só hul risiko vir borskanker te verminder. (As jy liggaamsvet verloor, verminder jou produksie van estrogeen, ’n groot risiko-faktor vir borskanker.) Dis gebaseer op die navorsing van dr. Michelle Harvie en prof. Tony Howell en word uiteengesit in die boek The 2-Day Diet (Vermilion, 2013). Dr. Harvie is ’n navorser-dieetkundige en dr. Howell hoogleraar in mediese onkologie aan die Universiteit van
Manchester. Hy is ook navorsingshoof van Genesis Breast Cancer Prevention in dié stad. Met dié dieet kan jy eet wat jy wil, maar op die 2 vasdae is koolhidrate taboe. Proteïene, neute en gesonde vette word wel toegelaat. (Lees meer by www.thetwodaydiet.co.uk)

LEES MARIZA SE BLOGS

DAAROM GOED VIR JOU

Een van die skakels tussen vas en langlewendheid is klaarblyklik ’n hormoon bekend as insulien-agtige groeifaktor 1 (IGF-1). Dit en ander groeifaktore hou ons selle aan die gang. Dis soos om met ’n swaar voet op jou motor se petrolpedaal te ry, sê dr. Mosley. Jy het voldoende vlakke daarvan en ander groeifaktore nodig terwyl jy nog groei. Maar later in jou lewe word hoë vlakke aan ouderdomsverwante siektes gekoppel. Vas verlaag die vlakke en skakel klaarblyklik ook ’n aantal gene aan wat jou liggaam help om te herstel. Want wanneer jy nie kos het nie, skakel jou liggaam oor van die “groei”- na die “herstel”-fase.

Vas kan ook ’n uitwerking hê op die vlakke van die hormoon insulien – veral as jy die koolhidrate, verfynde suikers en stysels uitskakel wat normaalweg deel van ons dieet is, sê Mariza. Hoë insulienvlakke dra daartoe by dat die sel-omgewing verander. Selle verdeel dan “te veel” en “verkeerd”, wat weer bydra tot oorgewig en ’n groter risiko vir kanker. Hoë insulienvlakke gaan ook met insulienweerstandigheid gepaard. Dis iets waaraan 80% van oorgewig mense ly en die voorloper van diabetes. Oorgewig speel natuurlik ook ’n rol by ’n lang lys siektes, soos hartkwale. Hoewel na onderbroke vas verwys word as “vas”, is die toegelate hoeveelheid kJ op min-eet-dae inderwaarheid soortgelyk aan mediesvoorgeskrewe diëte waarvan die kJ baie laag is, sê Mariza. Dokters skryf dit voor as jou gesondheid in gevaar is.

‘Ek was futloos’
Christa D’Alton van Windhoek het in sowat ses maande 7 kg verloor en twee rokgroottes gekrimp. Sy het aanvanklik een keer per maand twee dae lank gevas, maar dit gelos omdat sy futloos gevoel het.
“Op vasdae het ek net groente en vrugte geëet en water en kruietee gedrink. Die res van die tyd het ek ’n gebalanseerde eetplan gevolg. Ek hou steeds daarmee vol. Ek is gevoelig vir koring en eet geen brood nie en ander soorte stysel net smiddae. Hoewel ek soms as gevolg van omstandighede van die eetplan afwyk, het ek nie weer die 7 kg aangesit nie.”

As jy bv. hoë bloeddruk-, bloedsuiker- of insulienvlakke het, kan dit met só ’n dieet in ’n kort tyd omgeswaai word. As jy so min eet, kan dit vir seker tot ’n tekort aan voedingstowwe lei. “Maar sou dit nodig gewees het om te vas as jou dieet gesond en jou gewig normaal en konstant was? Dis welbekend dat ons Westerlinge heeltemal te veel eet. Maar baie mense se dieet skiet ver tekort omdat ons staatmaak op ‘moderne’ kos – kits- en verfynde kos,” sê Mariza.

Wanneer jy – bv. met onderbroke vas – jou insulienvlakke verlaag, sal jy minder ’n slaaf van jou aptyt wees. Jy gaan bv. nie meer so aanmekaar honger wees nie. En nie alle stysel en soetgoed wil verorber nie. Dit kan jou weer help om beter koskeuses te maak, wat sal help dat jou insulienvlakke nie wipplank ry nie. Jy moet egter vas by jou leefstyl – en in ’n mate ook jou metabolisme – laat pas. Sommige mense moet eenvoudig gereeld eet. Ander kan net een maaltyd eet en die res van die dag sonder kos klaarkom. As jy dus weet jy moet elke drie uur knibbel, sal jy anders moet vas as jou vriendin wat heel gelukkig is om net twee keer per dag te eet, sê sy. Jul koskeuses sal ook verskil. Dalk floreer jy op ’n dieet van vrugte, groente en neute. Terwyl jou vriendin beter vaar met maer proteïene, groente en neute. Faktore soos onderliggende stres, lewenseise en aktiwiteitsvlakke sal ook bepaal of jy met die vas kan volhou of nie – of dalk minder streng daarmee moet wees.

**Vas (ook onderbroke vas) is nie ’n opsie vir kinders, swanger vroue, vroue wat borsvoed, diabete, bejaardes en mense met lae bloedsuiker nie, waarsku Nathalie.

“Dié soort diëte lyk baie aanloklik omdat dit vinnige resultate belowe, sonder dat jy te swaar kry. Maar die ‘geheim’ vir veilige en volhoubare gewigsverlies is eenvoudig: ’n gebalanseerde dieet en oefening. Daar is nie kortpaaie nie.” Mariza sê: “Daar word dalk nog gestry of vas jou langer kan laat leef. Maar dit is onbetwisbaar dat te veel kJ skadelik vir jou gesondheid is.

BRONNE
Mariza www.betereet.co.za of facebook/bettereat
Nathalie 011 463 4663,
www.mmedieitians.co.za
The New York Times
(www.nytimes.com)
The Guardian
(www.guardian.co.uk)

FOTO: Unsplash / Monstruo Estudio

FOTO: Unsplash / Monstruo Estudio

The post Dieet net 2 dae van die week appeared first on SARIE.

Koebaai, stres! Eet dit só weg

$
0
0

Endorfien, dopamien, oksitosien, serotonien en GABA (gamma- aminobottersuur) … Tongknopers, ja, maar dié 5 breinboodskappers kan jou gelukkiger laat voel en minder laat stres. Jy kan dit vermeerder deur aan die regte kos te peusel.

Kakao

FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

’n Warm kakao-drankie (gemaak van 100%-kakao en sonder bygevoegde suiker) verhoog jou endorfienvlakke. Dis ’n breinboodskapper soortgelyk aan morfien en die liggaam se natuurlike pynstiller. Dit laat jou ook goed voel. Kakao is die kossoort wat die liggaam die meeste endorfien laat afskei. Jou kortisolvlakke (’n streshormoon) verlaag dan ook. En daarmee saam jou bloeddruk en bloedsuiker. (Swaar gekruide kosse het dieselfde uitwerking.)

Bessies

FOTO: Unsplash / Tiago Faifa

FOTO: Unsplash / Tiago Faifa

GABA (gamma- aminobottersuur) is ’n breinboodskapper wat stres, angs en senuweeagtigheid troef. Dit help jou ook beter slaap. Jy kan dit nie direk van kos kry nie, maar ’n verskeidenheid kosse, soos bessies, bevat flavonoïede, wat ’n invloed het op hoe GABA in die brein werk. (Probeer ook: kersies, speserye, tamaties, sitrusvrugte.)

Pistasieneute

Dié neute is ryk aan vitamien B6. Dis nodig vir die vervaardiging van die aminosuur triptofaan, wat jou serotonienvlakke verhoog. Laasge- noemde is ’n brein- boodskapper wat ’n gevoel van welbehae en speelsheid skep. (Probeer ook: hawermout, ricottakaas, suiwel.)

Avokado

Dis ryk aan die aminosuur tirosien, ’n voorloper van dopamien. Dié breinboodskapper laat jou gelukkig voel en gee jou meer energie om dinge te doen waarvan jy hou. (Probeer ook: amandels, piesangs en proteïenryke kosse soos hoender, maaskaas en eiers.)

Dadels

Dit bevat oksitosien, die sogenaamde “liefdeshormoon” wat jou help om emosionele bande te vorm. Dit verminder angs en verlaag bloeddruk. (Probeer ook: appels, beet, waatlemoen. Of gee iemand ’n drukkie!)


 

Bronne: Sunette Kotze, dieetkundige en eienaar van E-Spice Health, ’n gesondheidswinkel: 012 548 2762, www.healthline.co.za | Over the Moon, a Guide to Positive Ageing deur dr. Hannetjie van Zyl-Edeling (Porcupine Press, 2013). Kontak Hannetjie op Facebook of hvanzyl@global.co.za

MOOD exercise

The post Koebaai, stres! Eet dit só weg appeared first on SARIE.

Eet sjokolade sonder skuldgevoel

$
0
0

Sjokolade is lank as ’n groot (effens verbode) bederf beskou. Nou wys al meer studies veral donkersjokolade en kakao is goed vir jou gesondheid. Dit kan jou onder meer teen beroerte en hartaanvalle help beskerm.

1. Koop

Sjokolade met meer as 35% soliede kakao. (Kyk op die verpakking.) Hoe meer soliede kakao, hoe minder is die ander bestanddele soos suiker en melk. Eet ’n blokkie of twee per dag – méér het nie enige bykomende voordeel nie, wys Italiaanse navorsing.

2. Vir aroma

Sjokolade het meer as 300 chemiese bestanddele wat geur verskaf. Dit komplementeer gesonde kosse, soos aarbeie, frambose, suurlemoen, saffraan, pistasieneute, kokosneut, neutmuskaat, gemmer en rooipeper.

3. Wenke

Gooi vir die lekker 1 eetlepel gesmelte sjokolade/kakaopoeier per porsie oor

  • vars, krakerige blomkool en broccoli
  • seekos, bv. garnale en vis
  • bloukaas of karringmelk

4. Kook met kakao

Gooi ’n teelepel gekapte kakaobone (cocoa nibs) in ’n smoothie. En ’n eetlepel in gebak of ander geregte. Dit gee ’n sjokoladegeur aan kos, sonder dat jy geprosesseerde sjokolade hoef te gebruik.

Nog idees

  • Voeg ’n knippie fyngemaalde kakaobone by koffie.
  • Sprinkel ’n bietjie oor avokado – dit bring die romerige, soet smaak na vore.

Bron: Sunette Kotze, geregistreerde dieetkundige en eienaar van The Health Shop: E-Spice, Magalieskruin, Pretoria
Kontak | 012 548 2762 | www.healthline.co.za

The post Eet sjokolade sonder skuldgevoel appeared first on SARIE.

5 bonusse as jy gewig verloor!

$
0
0

Jy weet dis goed vir jou gesondheid om gewig af te skud. Jy gaan waarskynlik langer leef en minder dokter toe gaan. Maar hier’s nog ongewone plusse . . .

1) ’n Kleiner kopseer – Verloor gewig en jy raak dalk sommer ook ontslae van jou chroniese hoofpyn, beloof Amerikaanse navorsing.

2) Totsiens sooibrand – Jy hoef net 3 – 5 kg te verloor om van daardie brandgevoel in jou keel ontslae te raak. Want oortollige rolletjies en sooibrand loop hand aan hand, aldus webmd.com.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

3) Jou bene sê dankie – Visserale vet (om jou maag) is ook sleg vir jou bene. Amerikaanse navorsing wys dit vergroot jou kans vir swak skeletbene en frakture. Gewigsverlies verminder boonop artritis-simptome.

4) Dis winsgewend – Vetsugtige mense verdien minder as hul maerder kollegas. Sowat 2,5% minder, het een Amerikaanse studie bevind. Jy gaan ook makliker werk kry as jy gewig verloor, volgens Britse navorsing.

5) Geheue soos ’n olifant – Inderdaad. Jou brein is blykbaar ná gewigsverlies meer aktief as dit nuwe inligting stoor. En roep dié inligting daarom met minder moeite weer op, is in Sweedse navorsing bevind.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Bron: Science Daily, Webmd

Lees nou

The post 5 bonusse as jy gewig verloor! appeared first on SARIE.

Jou nies sê wie jy is!

$
0
0

Atiesjoe! Hoe jy nies, kan iets van jou persoonlikheid verklap, sê Patti Wood, Amerikaanse lyftaalkenner.

1. Jy gee ’n enkele atiesjoe en draai gewoonlik weg. Jy’s warm, vriendelik, ‘n goeie luisteraar, behulpsaam, ondersteunend en vermy konflik.

2. Joune is luid en meervoudig. Jy’s ’n charismatiese leier, verbeeldingryk en intuïtief. Ook: optimisties en spontaan.

3. Jy bedek jou mond, veel meer as enige van die ander groepe. Jy dink voor jy praat, is goed met detail en geniet jou eie geselskap.

4. Jy hou joune in as jy kan. Dis woes en luid. Jy is vinnig en direk, bekwaam, ongekompliseerd en geniet oefening

Bron: Patti Wood, Amerikaanse lyftaalkenner – www.pattiwood.net

Lees nou

The post Jou nies sê wie jy is! appeared first on SARIE.

Maklik! Tem verkoue en griep só

$
0
0

Daar is reeds mense wat hoes, nies en snuif. Maar net soos ’n appel ’n dag hou jou daaglikse kwota vitamien C ook die dokter weg.

Oor of vitamien C dié siektes kan voorkom, word nog gedebatteer. Arien van der Merwe, mediese dokter met ’n wye kennis van aanvullende medisyne, glo egter dit kán. Haar aanbeveling: Neem sowat 200 tot 300 mg per dag by antioksidant- en kalsium- en magnesium-aanvullings. (Antioksidante is vitamiene A, C, E en die mineraal selenium.) As jy ’n infeksie het, kan jy tot 1 000 mg per dag neem totdat jou simptome opklaar.

Of kies die natuurlike roete en eet kos ryk aan dié vitamien.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

 

Koejawels – bevat die meeste met 347 mg vitamien C per 100 g (1 medium, geskil).

Soetrissies - (geel en rooi) = 174 mg/ 100 g (1 koppie gesny)

Lemoene – 53 mg/100 g (1 medium, geskil)

Aartappels - (gekook met skil) = 21 mg/100 g (1 medium)

Broccoli - 1 koppie, gekook: 74 mg

Rooikool – 1⁄2 koppie: 40mg

Tamatiesap - 1⁄2 koppie: 60mg

Aarbeie - 1 koppie: 70mg

Kiwi - mediumgroot: 70 mg

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Bronne: Webmd, Cochrane

Lees nou

The post Maklik! Tem verkoue en griep só appeared first on SARIE.


Atiesjoe! Griep of verkoue? Ken jou simptome

Sny die KJ lag-lag só

$
0
0

Maak gewoontes van die 5 wenke op dié blad en jy kan kilojoules (kJ) verminder, die knaende hunkering na trooskos beveg en dalk uiteindelik selfs gewig verloor.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Eet sop

FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

 

In ’n opname het vrywilligers wat hul maaltye met ’n laekilojoulesop afgeskop het, 20% minder geëet, volgens die internasionale joernaal Appetite. En ook nie so gou weer honger geword nie

Dink jouself maer

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Eet bewustelik (mindful): fokus op hoe die kos lyk en ruik, en die fisieke sensasie wanneer
jy kou en sluk. As jy dan later in die versoeking kom om te eet, visualiseer bloot jou vorige maaltyd in detail. Dis dalk die verskil tussen een koekie en ’n hand vol, volgens Britse navorsing.

Stop tekens

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Los tekens van wat jy geëet het op jou bord: olyfpitte, pizza-kors, selfs stokkies waaraan
bv. kaas was. Só stuur jy vir jou brein ’n sein dat jy klaar is, selfs al is dit onbewustelik. Dieselfde beginsel geld as jy springmielies of aartappelskyfies in ’n bakkie sit en nie sommer uit die pakkie eet nie. ’n Leë bakkie = klaar!

Reënboog van kleur

FOTO: Unsplash / Monstruo Estudio

FOTO: Unsplash

Hoe groter die kontras tussen jou kos en jou bord se kleur, hoe minder gaan jy waarskynlik eet, volgens Amerikaanse navorsing. In ’n studie het mense wat pasta met tamatiesous op ’n wit bord moes skep, minder geneem.

Dit ruik so lekker

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Ons eet nie net met ons oë en maag nie, maar ook met ons neus. Vrywilligers wat nagereg met ’n sterk, welriekende geur gekry het, het 5 – 10% minder geëet teenoor dié wie s’n minder geurig was, volgens navorsing in die aanlyn joernaal Flavour. Adem die reuk dus diep in voor jy wegval. Geur jou kos met aromatiese kruie soos gemmer, basilie, kaneel of roosmaryn.

Lees nou

The post Sny die KJ lag-lag só appeared first on SARIE.

5 redes waarom rooibos goed is vir jou

$
0
0

Dis een van die natuur se wonderwerke danksy ’n hele weermag antioksidante wat jou gesondheid kan beskerm en langlewendheid kan aanhelp. Boonop is dit goed vir jou vel! Dis trots Suid-Afrikaans, so eie aan ons land soos braaivleis, rugby en sonskyn. ’n Magiese plant wat natuurlike helende vermoëns besit.

Hoewel rooibos reeds eeue lank gebruik word, is die voordele nie meer net anekdoties nie. Wetenskaplikes oor die wêreld heen ondersoek dit vir ’n beter begrip van hoekom dit so goed is vir ons gesondheid, en sedert die jare vyftig is meer as honderd studies oor rooibos in wetenskaplike joernale gepubliseer.

Ons bekyk die uniekheid van dié bossie wat deel is van die Kaapse fynbos-rykdom.

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012

Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS OKT/NOV 2012

Heerlike en maklike resep vir jou eie rooibos-ystee.

Goud in jou koppie: 5 redes waarom rooibos goed is vir jou

1. Beskerm teen kanker

  • Kragtige plantchemikalieë (wat onder meer ook as antioksidante optree) in die plant kan kanker voorkom of vertraag.
  • Rooibos kan moontlik sekere gene aanskakel wat help om kankerselle af te breek. Baie studies met rotte en muise het bewys dit kan die ontwikkeling van velkanker-letsels vertraag, voor- kankeragtige letsels in die lewer verminder en die ontwikkeling van papillome (goedaardige gewasse) in die slukderm strem.

*Verskeie artikels oor rooibos en kanker het in mediese joernale soos Mutation Research, Cancer Letters en Nutrition and Cancer verskyn.

2. Die hart en ander organe

  • Ses koppies rooibostee (deur die dag) kan help om jou hart gesond te hou.
  • Dit beskerm die lipiede in jou bloed teen vry radikale, versterk vlakke van glutatioon (die liggaam se eie super-antioksidant) en verbeter die bloedlipied-profiel. Dit verminder die totale cholesterolvlakke, veral die vlakke van “slegte” LDL-cholesterol.
  • Dit strem die aktiwiteit van ’n ensiem (ACE) wat vermoedelik betrokke is by die ontwikkeling van hartsiektes. ACE-inhibeermiddels word dan ook gebruik om hartsiektes en hoë bloeddruk te behandel.
  • ’n Antioksidant in rooibos, chrysoeriol, kan vaskulêre hartsiektes voorkom en behandel. Dit kan ook die lugpyp verwyd (brongodilator), bloeddruk help verlaag en spierspasmas verlig

3. Stres

  • Rooibos verminder die produksie van kortisol, die sogenaamde streshormoon. En dus ook die vernietigende uitwerking van stres op die liggaam.
  • Streshormone maak jou boonop honger en moedig die stoor van vet aan. Jy sit dan gewig aan. Oorgewig word gekoppel aan onder meer hoë bloeddruk, hartsiekte, metaboliese sindroom, insulienweerstandigheid en tipe 2-diabetes.

4. Die lewer

  • Rooibos voorkom die oormatige indringing van vetweefsel in die lewer – ’n potensieel ernstige toestand. Dit help ook beskadigde lewerselle herstel en word aanbeveel as ’n doeltreffende hulpmiddel om lewersiektes te voorkom en behandel.

5. Allergieë en inflammasie

  • Dit help om allergieë te verlig deur die produksie van ’n ensiem (sitochroom P450) aan te wakker wat allergene help metaboliseer.
  • Die antioksidant-effek van rooibos kan help om inflammasie te verminder en só kolitis help beveg. (’n Siekte wat sere in die kolon veroorsaak.)

photo-1460043838908-93987e531945

The post 5 redes waarom rooibos goed is vir jou appeared first on SARIE.

Ly jy aan ‘broodsindroom’?

$
0
0

Broodsindroom. Die onbeheerste hunkering, smagting, soeke na die smaak, mondgevoel, reuk en assosiasies wat met ’n lekker stukkie brood gepaardgaan. Dikwels is die lekkerste brood dan ook daardie broodjie wat warm uit die oond kom of krakerig gerooster is.

Ek hoor so dikwels dat dit – die snytjie brood – die doodsteek is vir menige se voornemens om minder koolhidrate en meer vet te eet om maer te word. Ander bant EN knaag so skelm-skelm aan ’n stukkie brood. Die bittereinders kry dit reg om dit heeltemal uit te skakel (of so sê hulle).

Dis natuurlik ’n heel ander saak as jy allergies is vir koring of ’n glutensensitiwiteit het en liggaamlike lyding ondervind as jy jou oorgee aan dié lus. Dit is amper makliker om brood te vermy indien jy wel ly ná ’n stukkie brood, want tensy jy ’n masochis is, gaan jy jouself nie sommer meer as een keer blootstel aan ’n gejeuk of die gevoel dat iemand ’n ballon in jou derm opgeblaas het nie.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Wat is nou die storie met brood, en waarom is daar vandag soveel meer mense wat nie brood kan verdra nie? Is daar enige waarskuwingstekens vir diesulkes wat nié nodig het om “lig te loop” vir die koolhidrate nie en daarom nog lekker kan kou aan ’n broodjie?

Die allergie- en sensitiwiteitskwessies ter syde, kan dit vir ieder en elk met ’n vol broodblik in die huis die moeite werd wees om te weet dat vandag se brood net verlangs familie is van die brood wat oor die eeue heen ons stapelvoedsel was.

3 dinge wat jy van brood moet weet

Hierin lê die antwoord waarom ek in elk geval meestal aanbeveel dat mense altyd net die beste brood soek en liewer net af en toe ’n klein stukkie geniet agter die lekkerte aan (want dis gewoonlik duur) as wat dit ’n “daaglikse brood” word.

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS APR/MEI 2014

Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS APR/MEI 2014

Een

Brood wat in winkels verkrygbaar is, genoem kommersiële brood, word vandag altyd vervaardig van hoogs verfynde meel. Ek verduidelik meer hieroor in my boek Dik vir dieet (Naledi 2015), maar kortliks is die meel wat vandag gebruik word nutriënt-arm en gaan dit waarskynlik ’n bloedsuikerstorm veroorsaak.

Maar wat van volgraanbrood?

Dit gebeur baie selde dat intakte koringkorrels gemaal word en daar dan met daardie gemaalde koring brood gebak word. Die sogenaamde “volgraanbrood” op winkelrakke bevat wel al die dele van die koringkorrel, maar die hele korrel is eers uitmekaargehaal en dan weer as ’n standaardmengsel gemeng om verteenwoordigend te wees van wat jy sou kry as jy die hele korrel op een slag gemaal het. Omdat dit eers “uitmekaargehaal” is, het voedingstowwe soos magnesium, wat van kritieke belang is vir bloedsuikerbeheer, verlore gegaan. Dit is ook veel makliker om te verteer en het gewoonlik nie veel kouwerk nodig nie – en kou is net so belangrik vir bloedsuikerbeheer.

Twee

Brood word vandag selde nog gemaak met die tradisionele fermentasieproses. Dié proses het ’n uitwerking op verskillende voedingstowwe en die verteerbaarheid van die brood. Fermentasie verleng ook die rakleeftyd van ’n brood. Sonder die stadiger proses wat tradisioneel gebruik is om lekker brood te bak hou ’n brood net ’n dag en proe dan na niks.

Drie

Dit bring my by die derde punt: Alle kommersiële brood bevat ’n preserveermiddel. Gewoonlik iets met die agtervoegsel “-propionaat”. Preserveermiddels is natuurlik noodsaaklik vir voedselveiligheid, maar ek is seker jy het al die grappie gehoor dat ons in die toekoms gaan moeilikheid kry in begraafplase omdat ons almal so goed gepreserveer is van al die preserveermiddels in die kos wat ons eet …?

Grappies tersyde. Sommige, nee, heelparty individue is sensitief vir preserveermiddels. Die voedselbedryf is normaalweg nie ’n stout kind nie en sal nie met opset ’n preserveermiddel gebruik wat skadelik is nie. Maar simptome in die liggaam presenteer dikwels eers as ’n bepaalde chemiese stof in die liggaam kumulatief verhoog het.

Oornagbrood

Oornagbrood
FOTO: Donna Lewis

Waar laat dit alles jou, jou snytjie brood en jou gesondheid?

Ons weet voedingstowwe, of die gebrek daaraan, speel ’n rol in gesondheid en die ontwikkeling van epidemies soos diabetes en oorgewig. Ons weet verfynde voedsel is ’n groot sondaar, want dit is gewoonlik armer aan voedingstowwe as die onverfynde eweknieë. Ons weet ook die toestand van ons dermkanaal is sentraal tot ’n gesonde metabolisme, maar “moderne” meel en brood is nie altyd jou dermkanaal se beste maat nie. Ons weet dat regtige lekker brood tyd neem om te bak en ook gesonder is. Nou wonder ek: maak dit dan nog sin om vas te klou aan die daaglikse goedkoopste brood?

Dis die moeite werd om, as jy wel brood eet, net die allerbeste, tradisioneel voorbereide brood te eet. Maak daardie lekkerte regtig die moeite werd!

Besoek gerus www.betereet.co.za en Facebook  of  volg my op Instagram by bettereat.betereet vir heerlike “daaglikse brood”-alternatiewe, want dit is nie altyd maklik nie.

Groete,

Mariza

Mariza23 copy

Geregistreerde dieetkundige Mariza van Zyl. In haar nuwe boek, Dik vir dieet (Naledi, R245), beantwoord sy onder meer vrae wat sy gereeld hoor.

The post Ly jy aan ‘broodsindroom’? appeared first on SARIE.

Sout-wet – sperdatum op ons!

$
0
0

Jou sout werd wees. Iets met ’n korreltjie sout neem. ’n Sak sout saam opeet. Só vang taal die wonder van sout vas.

Biltong sonder sout? Slaptjips? Ondenkbaar.

Maar stadig met die soutpot, waarsku medici al lank. Te veel natrium (sout bestaan uit natriumchloried) is sleg vir jou gesondheid. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het dan ook in 2013 nuwe regulasies onderteken wat die vermindering van sout in SA in kosprodukte verpligtend maak.

Die sperdatum, 30 Junie, is om die draai. Dit geld vir onder meer graankosse, brood, botter/smere, souse, geprosesseerde vleis, soppe en aartappelskyfies (crisps).

salt-51973_960_720

FOTO: Pixabay

====

Die dood in die (sout)pot

’n Dieet met baie sout (oftewel natrium), is ’n groot oorsaak van hoë bloeddruk, die belangrikste risikofaktor vir beroerte. SA het een van die hoogste vlakke van hoë bloeddruk ter wêreld. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is hoë bloeddruk ’n groter gesondheidsrisiko as rook.

Sout vergroot ook jou kans op hartvatsiektes. Die vermindering van sout in kosse kan jaarliks sowat 7 000 sterftes weens hartvatsiektes voorkom, volgens ’n studie wat in 2012 aan die Universiteit van die Witwatersrand gedoen is.

Hoeveel dan?

Die WGO beveel aan volwassenes moet minder as 5 g sout (sowat ’n teelepel) p/d gebruik. Daar is selfs voorstanders van net 3 g p/d. Maar sommige Suid-Afrikaners gebruik tot 40 g p/d, wys navorsing.

Tot 60% daarvan is versteek in kos, meestal voorafvervaardigde en geprosesseerde kosse (soos hierbo genoem). Dis nie net tafelsout wat ’n sondaar is nie. Let ook op na ander natriumverbindings op verpakkings.

Is kosvervaardigers reg hiervoor? 

Pioneer Foods, een van die grootste plaaslike vervaardigers van brood en ontbytgraan, het twee jaar gelede geleidelik sout in produkte begin verminder sodat verbruikers se smaak daarby kon aanpas. Nie net is alle ontbytgraan en brood in pas met die 2016-maatreëls nie. Baie produkte is reeds slaggereed vir verdere maatreëls wat in 2019 inskop, volgens ’n woordvoerder van die maatskappy.

FOTO: Stocksnap.io /Ashley Kirk

FOTO: Stocksnap.io /Ashley Kirk

’n Gesonde alternatief 

As jy een van die hordes is wat bekommerd is dat hul kos nou laf gaan proe sonder daai ekstra knippie sout, is hier ’n paar alternatiewe.

Volgens SARIE KOS se redakteur, Barbara Joubert, is ansjovis ’n goeie plaasvervanger.

“Dis ’n souterige klein vissie. En wanneer jy met dié vissie kook, moet jy feitlik geen sout gebruik nie. Dis veral lekker saam met pasta en souse. En party mense gebruik dit selfs saam met lamsboud!” vertel Barbara.

FOTO: Mickey Hoyle FEB/MRT 2014

FOTO: Mickey Hoyle
FEB/MRT 2014

Hier’s ‘n heerlike pizza-resep met ansjovis, swart olywe en kappertjiesaad.

Ander alternatiewe is knoffel, kerriepoeier en balsamiese asyn.

Bronne: Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van Kaapstad (www.bettereat.net); Suid-Afrikaanse Hart en Beroerte-stigting (www.heartfoundation.co.za); www.sanews.gov.za)

The post Sout-wet – sperdatum op ons! appeared first on SARIE.

Viewing all 219 articles
Browse latest View live