Quantcast
Channel: Gesond – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

Mites oor borskanker: deel 3

$
0
0

Is ’n mammogram regtig pynlik? En ’n maandelikse borsondersoek nodig? Wat van ’n gereelde mammogram? Die antwoorde verras jou dalk.

Mite: As jy ’n familiegeskiedenis van borskanker het, is daar niks wat jy kan doen om jou risiko te verminder nie.

Waarheid
As een of meer lede in jou familie borskanker het, vertel jou dokter. Hy/sy kan jou help besluit of jy vir genetiese toetsing moet gaan om vas te stel of jy BRCA-geenmutasies het. As jy wel ’n baie hoë risiko het, kan jy ná breedvoerige raadgewing deur ’n dokter wat daarin belangstel, besluit hoe jy dit gaan hanteer. Aktief, met bv. ’n mastektomie en dadelik rekonstruksie (soos Angelina Jolie). Of passief, met ’n jaarlikse mammogram, ultraklank en MRI-skandering.

photo-1445633743309-b60418bedbf2

FOTO Unsplash

Mite: ’n Borsbesering kan in borskanker ontwikkel.

Waarheid
Daar is geen bewyse daarvoor nie. ’n Kneusplek aan jou bors kan dalk wel jou of jou dokter se aandag vestig op ’n knop wat eintlik lankal reeds daar is.

Mite: Behalwe ’n mammogram, is ’n maandelikse borsselfondersoek die beste manier om kanker vroeg op te spoor.

Waarheid
Die Amerikaanse kankervereniging beveel nie meer aan dat alle vroue maandeliks ’n selfondersoek moet doen nie. Die vereniging benadruk eerder dat jy jou borste moet ken, dus weet hoe dit lyk en voel en moet let op enige veranderinge as jy stort, aantrek, ensovoorts. Navorsing wys vroue spoor borskanker dan eerder op as met ’n formele selfondersoek elke maand. Volgens prof. Apffelstaedt is dit natuurlik nie verkeerd om steeds maandeliks ’n borsondersoek te doen nie. Vra jou dokter om jou die regte manier te wys.

Mite: ’n Knop is die enigste teken van borskanker

Waarheid

’n Vel-irritasie, kuiltjies, tepels wat pyn of binne toe terugtrek, rooiheid of skubagtigheid van die tepel of vel, of ’n afskeiding wat nie borsmelk is nie, kan ook ’n waarskuwing wees. Besoek ’n dokter.

Mite: Antiperspirante is ’n belangrike oorsaak van borskanker

Waarheid

Die mite steek kort-kort kop uit op die Internet. Daarvolgens word chemikalieë in antiperspirante deur die vel opgeneem, meng met limfsirkulasie in, veroorsaak dat gifstowwe in die bors opbou en lei uiteindelik tot borskanker. Daar is geen wetenskaplike bewyse daarvoor nie. ’n Groot studie (gepubliseer in die European Journal of Cancer) wat die onderarm-higiëne van vroue met borskanker met ’n kontrolegroep vergelyk het, kon bv. geen verband vind nie.

Lees nou:

5 redes waarom koffie goed is vir jou

Wat jy moet weet as jy op die pil is

Kortpad-gesond: 5 wenke

The post Mites oor borskanker: deel 3 appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!