Stres knaag aan jou. Jy is afgemat, slaap nie en sukkel met spierkrampe. Dit klink na die helfte van die mensdom se klagte. Is jou probleem dalk so eenvoudig soos ’n magnesiumtekort?
Magnesium is essensieel vir energie, neurologiese gesondheid en sportprestasie.
In ’n neutedop
Magnesium kan dalk die volgende verlig en help voorkom:
– spierpyne en spasmas
– slaaploosheid, osteoporose
– hartsiekte
– beroerte
– depressie
– artritis
– asma
– diabetes
’n Tekort is al gekoppel aan die volgende:
– PMS
– galblaas- en gastroïntestinale probleme,
– chroniese-moegheid-sindroom
– komplikasies met swangerskap en geboorte.
Bron: The Magnesium Miracle
Natuurlike bronne
– 30 amandels/ander neute = 80 mg magnesium
– 30 g gemaalde vlassaad (moet gemaal wees anders kan die liggaam dit nie opneem) = 130 mg magnesium
– 30 g pampoensade = 85 mg magnesium
– 2 eetlepels grondboontjiebotter = 50 mg magnesium
– 1 koppie ongegeurde jogurt = 42 mg magnesium
– 100 g aartappel gebak met skil = 43 mg magnesium
– 100 g hoender/vis/ander vleis = 20 mg magnesium
Die volledige storie is in SARIE se September 2016-uitgawe, hier te koop.
Lees nou
The post Hoekom het ek géén energie? appeared first on SARIE.