Is ’n mammogram regtig pynlik? En maandelikse borsondersoek nodig? Wat van ’n gereelde mammogram? Die antwoorde verras jou dalk.
Daar is soveel mites en verouderde idees in ons kop en op die Internet, dis dikwels moeilik om feit en verdigsel oor borskanker te onderskei. Prof. Justus Apffelstaedt, medeprofessor by die Universiteit Stellenbosch en hoof van die Tygerberg-hospitaal se borskliniek, gee antwoorde.
MITE 11
As jy ’n familiegeskiedenis van borskanker het, is daar niks wat jy kan doen om jou risiko te verminder nie
WAARHEID
As een of meer lede in jou familie borskanker het, vertel jou dokter. Hy/sy kan jou help besluit of jy vir genetiese toetsing moet gaan om vas te stel of jy BRCA-geenmutasies het. As jy wel ’n baie hoë risiko het, kan jy ná breedvoerige raadgewing deur ’n dokter wat daarin belangstel, besluit hoe jy dit gaan hanteer. Aktief, met bv. ’n mastektomie en dadelik rekonstruksie (soos Angelina Jolie). Of passief, met ’n jaarlikse mammogram, ultraklank en MRI-skandering.
Is jou lewe geraak deur kanker?
Deel die storie en inspireer ander, en staan ’n kans om deur verras te word met ’n paar onvergeetlike dae in Kaapstad #StrongerTogether
Lees ook
- Daaglikse mites oor borskanker #1
- Daaglikse mites oor borskanker #2
- Daaglikse mites oor borskanker #3
- Daaglikse mites oor borskanker #4
- Daaglikse mites oor borskanker #5
- Daaglikse mites oor borskanker #6
- Daaglikse mites oor borskanker #7
The post Daaglikse mites oor borskanker #8 appeared first on SARIE.