Quantcast
Channel: Gesond – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

Redes waarom jy gedehidreer is PLUS wenke om meer water te drink

$
0
0

Genoeg water is nie net goed vir jou vel en lyf nie, ons het ook genoeg vloeistof nodig om te oorleef. En wanneer jy gedehidreer (ontwater) is, voel jy werklik sleg. Maar om te min water te drink is dalk nie die enigste rede vir dehidrasie nie …

Wanneer jy sleg voel ná ’n lang dag in die son of sommer omdat jy weet jy het nie vandag genoeg water gedrink nie, is dit maklik om die slegvoel aan dehidrasie toe te skryf. Jy drink weer ’n paar glase meer, slaap vir ’n uur of twee, en als lyk weer beter.

Maar volgens Health.com is daar baie meer redes vir dehidrasie as wat ons dalk gedink het. Lees die volle storie hier.

Dáái tyd van die maand

Maak seker dat jy elke dag een ekstra glas water drink. Estrogeen en progesteroon beïnvloed jou lyf se hidrasievlakke en wanneer dié twee wipplank speel, moet jy meer water drink om gehidreer te bly.

Lae-koolhidraat-dieet

Omdat sommige koolhidrate (soos rys en pasta) water opsuig terwyl dit kook, beteken dit dat jou liggaam daardie water inneem wanneer jy dit eet. Dít is hoekom jy altyd ’n paar kilogram watergewig verloor wanneer jy koolhidrate uitsny. Dit lyk dalk goed op die skaal, maar dit is beslis slegte nuus vir jou hidrasievlakke. Neem dus meer vloeistowwe in op dié dieet.

Stres

Wanneer jy onder druk is, stel jou adrenalienklier streshormone vry. Indien jy gereeld onder druk is, raak hierdie klier uitgeput en dit veroorsaak ’n adrenalien-tekort. Dieselfde klier vervaardig ook aldosteroon, ’n hormoon wat jou liggaam se vloeistowwe en elektroliete reguleer. Hoe groter die tekort aan adrenalien is, hoe minder aldosteroon produseer jou lyf en dit veroorsaak dehidrasie en lae vlakke van elektroliete.

Die oplossing: Drink meer water wanneer jy stres.

Ken die simptome

Dalk voel jy reeds ’n paar dae lank sleg, maar jy kan nie verstaan wat die oorsaak is nie. Miskien is jy gedihidreer. Volgens Medical News Today is die simptome van dehidrasie:

  • Droë mond
  • Lusteloosheid
  • Min of geen trane wanneer jy huil
  • Kopseer
  • Duiseligheid

5 maniere om maklik genoeg water te drink

1. Kry ’n water-maatjie

Span met iemand by die werk saam en herinner mekaar elke uur om ’n glas water te drink. Die bietjie rondloop sal jou ook goed doen.

2. Kikker jou water op

Maak ysblokkies uit suiwer vrugtesap en voeg dit by jou water, of sny ’n suurlemoen, lemoen, komkommer of pynappel op en voeg dit by. ’n Paar pepermentblare sal ook die wêreld se verskil maak.

3. Geur jou water

Plaas 1½ framboos, in kwarte gesny en effens fyngedruk, saam met ’n ¼ koppie pepermentblare in ’n waterbeker. Maak die beker vol met gewone mineraalwater. Voeg ys by as jy wil.

4. Maak dit warm

Rooibos- en ander kafeïenvrye tee laat jou water drink sonder dat jy voel jy drink water. Let wel, groentee en gewone tee bevat albei kafeïen. Drink dit sonder melk of suiker as jy kan.

5. Slaap met ’n lang glas langs jou bed

Dit is nie ideaal vir jou slaappatroon om baie water te drink nét voordat jy gaan slaap nie, maar dis altyd ’n goeie idee om water langs jou bed te hê vir wanneer jy in die nag dors wakker skrik en die kraan net te ver is.

Bronne: Health.comMedical News Today

Nóg gesondheidstories

The post Redes waarom jy gedehidreer is PLUS wenke om meer water te drink appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!