Persoonlik moedig ek nie die gebruik van kunsmatige versoeters aan nie. Maar as jy op ’n behandelingsprogram is waar jy bitter min koolhidrate kan gebruik, kan dit ’n plek hê. Ek verkies dan stevia, xilitol of sorbitol.
Só sê geregistreerde dieetkundige Mariza van Zyl wat ook vir SARIE.com blog. Sy antwoord vrae soos ‘Is aartappels taboe as ek my gewig dophou? En kan ek nou maar
na hartelus versadigde vet (soos in rooivleis) eet?’ in haar nuwe boek, Dik vir dieet (koop dit HIER).
Ander vrae wat sy in die Desember-uitgawe van SARIE kortliks beantwoord, sluit in:
Is dit goed vir my om saans ’n glas wyn te drink?
Is heuning beter as suiker?
Is alles uit blikkies en pakkies sleg vir jou?
Ons see is so besoedel, durf ons nog vis eet?
En baie meer!
Wat is jou dieet-vrae?
The post Is versoeters vriend of vyand? appeared first on SARIE.