Jy wil jouself die feestyd gate uit geniet. Dieetkundige Andrea du Plessis van Vital vertel jou hoe, en verklap ook haar eie ‘sondetjies’ …
Ons gaan dikwels in die feestyd oorboord met die bederfkos waarna ons heeljaar uitsien. Maar as jy twee weke lank laat waai met vetmakende, minder gesonde kos, neem dit jou minstens agt weke om weer daardie oortollige gewig af te skud.
Doen dít
1. Drink ’n glas water voor ete. Nie net laat dit jou versadig voel nie, dit verminder ook simptome van slegte spysvertering omdat jou dikderm dan vogtig genoeg is.
2. Sorg dat versnaperinge en voorgeregte altyd vars, rou groente insluit, soos
- Wortelstokkies met hoemoes;
- Stokkie met kersietamaties in pesto gedoop;
- Mini-ryskoekies en ’n jogurtdoopsous: Kap sprietuie fyn en meng met Griekse jogurt.
3. Hou kosse wat geurig is in die koskas aan, soos
- Olywe
- Pesto (meng met gewone jogurt vir ’n doopsous)
- Biltong
4. Maak lekker doopsous van
- Laevet-maaskaas met swartpeper en fyngesnipperde sprietuie; of
- Meng pesto met gewone jogurt.
My vakansie-sondetjie
’n Lang, yskoue glas Cap Classique (vonkelwyn). As dit swaelvry is, gee dit jou boonop nie hoofpyn nie!
Klik vir die volgende
Slim planne van die fiksheidskenner
The post Die dieetkundige sê: Hou só ‘n gesonde Kersfees! appeared first on SARIE.