Quantcast
Channel: Gesond – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

4 dieet-wenke as jy steeds lekker wil kuier

$
0
0

Somer is tyd vir vriende en lekker saam kuier. Maar as jy twee weke lank laat waai met vetmakende, minder gesonde kos, neem dit jou minstens agt weke om weer daardie oortollige gewig af te skud, sê dieetkundige Andrea du Plessis van Vital. 

Doen dít

1. Drink ’n glas water voor ete. Nie net laat dit jou versadig voel nie, dit verminder ook simptome van slegte spysvertering omdat jou dikderm dan vogtig genoeg is.

2. Sorg dat versnaperinge en voorgeregte altyd vars, rou groente insluit, soos

  • Wortelstokkies met hoemoes;
  • Stokkie met kersietamaties in pesto gedoop;
  • Mini-ryskoekies en ’n jogurtdoopsous: Kap sprietuie fyn en meng met Griekse jogurt.

3. Hou kosse wat geurig is in die koskas aan, soos

  • Olywe
  • Pesto (meng met gewone jogurt vir ’n doopsous)
  • Biltong

4. Maak lekker doopsous van

  • Laevet-maaskaas met swartpeper en fyngesnipperde sprietuie; of
  • Meng pesto met gewone jogurt.

Dié inligting kom uit die artikel “Kenners sê: Gesonde Kersfees!” deur Lydia van der Merwe in ons Desember 2014-uitgawe.

 

The post 4 dieet-wenke as jy steeds lekker wil kuier appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!