Quantcast
Channel: Gesond – SARIE
Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

5 redes waarom koffie goed is vir jou

$
0
0

’n Koppie koffie soggens is dalk meer as net ’n energie-inspuiting.
Gereelde koffiedrinkers – minder as 5 koppies ’n dag – het ’n kleiner kans
om voortydig dood te gaan, volgens nuwe navorsing in die Amerikaanse joernaal Circulation. Al hoe meer navorsing wys dit het dalk verskeie gesondheidsvoordele.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

5 redes waarom koffie goed is vir jou

Diabetis – Sowat 11%. Dis hoeveel deelnemers aan ’n Amerikaanse studie hul kanse verminder het om in die daaropvolgende vier jaar diabetes te kry. Dis nadat hulle oor vier jaar hul koffie-inname met gemiddeld 1,69 koppies per dag vermeerder het.

Parkinson se Siekte – ’n Hoë kafeïen-inname (en dus koffie) word met ’n aansienlik laer voorkoms van Parkinson se siekte geassosieer, wys Amerikaanse navorsing. Matige kafeïen-gebruik kan dalk ook help vir die motoriese simptome, soos stadige bewegings, spierstyfheid, bewerigheid en verlies aan balans, volgens nog ’n studie in die Amerikaanse joernaal Neurology.

Lewerkanker - Koffie is goed vir jou lewer. Drie koppies koffie per dag kan jou risiko vir lewerkanker met tot 50% verminder, wys ’n Italiaanse studie.

Die Hart - Drink koffie matig en dit kan jou teen hartversaking beskerm, volgens Israelse navorsing. (Die studie definieer matig as 2 koppies per dag.)

Beroerte - ’n Sweedse studie wys vroue wat meer as ’n koppie koffie per dag drink, se kans op beroerte is 25% minder. Geen of baie min koffie kan jou risiko inderdaad vergroot.

FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Lees nou

The post 5 redes waarom koffie goed is vir jou appeared first on SARIE.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 219

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!