So oud soos my hande, maar nie soos my tande. Dié idioom uit ons kinderdae het lankal in onbruik geraak, want wie slaap nou nog met hul tande in ’n glas langs die bed? Jy sal heel moontlik op jou oudag steeds met ’n mond vol tande sit – jou eie! Dis nou danksy die moderne tandheelkunde en ’n klein bietjie moeite van jou kant af.
Maar selfs met ’n alledaagse roetine, soos om tande te borsel, kan jy foute maak. Hier’s 3 foute wat dikwels gemaak word.
1. Jy vervang jou tandeborsel te laat
Vervang dit elke drie tot ses maande, na gelang van hoe hard jy borsel. En verkieslik voor dit verslete begin lyk. Die borselhare verswak mettertyd en is nie meer doeltreffend nie. Dis dan boonop meer geneig om jou tandvleis te beskadig. ’n Nuwe tandeborsel raak 30% beter van plaak ontslae.
2. Jy borsel jou tande te vinnig
Volgens Webmd moet jy jou tande vir minstens 2 minute borsel.
3. Jy ignoreer jou tong
Die tong huisves talle kieme. Jy moet daarom jou tong goed borsel!
Lees nou
Die ABC van vitamiene vir jou vel
The post Borsel jy jou tande verkeerd? appeared first on SARIE.