Jy wil jouself die feestyd gate uit geniet. Dermatoloog dr. Izolda Heydenrych van Kaapstad vertel jou hoe, en verklap ook haar eie ‘sondetjies’ …
Suid-Afrika het Australië verbygesteek as die land met die hoogste syfer vir velkanker. Matigheid en beplanning bly die maatstaf om jou teen die son te beskerm.
As jy vroeg opstaan, kan jy jouself voor tienuur in die vroeë sonstrale koester. (Ek gaan dikwels soggens voor ses stap.) En ná drie smiddae kan jy weer die buitelug geniet. Bly egter in die tyd tussenin uit die son. Gebruik selfverbruiningsrome en verbronsingpoeiers vir ’n sonbruin voorkoms. En vermy sonbeddens.
Dit geld ook vir kinders. Blootstelling aan sonlig tot sowat 18 jaar is die grootste bepalende faktor vir melanoom later, een van die gevaarlikste kankersoorte. Die son veroorsaak ook 85% van velveroudering. Jou sonbruin vel is tydelik, maar DNS-skade onomkeerbaar. Onthou: Die son kan jou tot ’n meter onder die water steeds bykom, sê sy.
Maar jy het tog sonskyn nodig vir goeie gesondheid, herinner dr. Erika Coertzen. Dis die belangrikste bron van vitamien D, noodsaaklik vir onder meer beenvorming, jou immuunstelsel en gemoedstoestand. Balans is weer eens die wagwoord. En die reël om tussen tien en drie uit die son te bly, geld steeds.
My vakansie-sondetjie
Ek slaap skaamteloos byna elke middag, en soms soggens laat. Ek steur my ook nie daaraan as my hare die dag ’n wil van hul eie het nie.
BESOEK www.capederm.co.za
Klik vir die volgende
Slim planne van die fiksheidskenner
The post Die dermatoloog sê: Hou só ‘n gesonde Kersfees! appeared first on SARIE.