Jy wil jouself die feestyd gate uit geniet. Fiksheidskenner Stefan Maritz van Port Alfred vertel jou hoe, en verklap ook sy eie ‘sondetjies’ …
Vakansietyd is rustyd. Tyd om weg te breek uit jou normale roetine, ook jou gewone oefenprogram. Onthou egter dat jou limfstelsel, verantwoordelik vir die verwydering van gifstowwe uit jou liggaam, net deur fisieke aktiwiteit gestimuleer word. Doen jy niks, verbrand jou liggaam nie net minder kilojoules (kJ) nie, jy voel ook mislik, opgeblaas en jou liggaam hou vog terug. Dis eintlik maklik om steeds aktief te wees. En jy kom dalk agter daar is spiergroepe wat jy nooit gebruik nie, al is jy hoe fiks.
- Kyk om jou, of jy nou op die strand, by ’n vakansieoord of selfs in die Bosveld is. Daar is altyd ’n groepie energieke mense wat litte losmaak en raakrugby, vlugbal, of wat ook al speel. Speel saam en jy verbrand nie net kJ nie, maar raak sommer van die jaar se opgekropte frustrasies ontslae.
- Die meeste vakansiebestemmings bied ’n reeks aktiwiteite aan. Neem daaraan deel. Gaan snorkel, skubaduik, waterski of doen joga. Of leer iets nuuts, soos branderplankry of perdry.
- Speel saam met jou kinders rugby, krieket, ens. Of lok hulle weg van hul slimfone en tablette en leer hulle die speletjies van jou jeug.
My vakansie-sondetjie
Ek eet elke dag roomys. En slaan soms bedags maaltye oor en eet laataand baie.
KONTAK 072 919 8594
Klik vir die volgende
The post Die fiksheidskenner sê: Hou só ‘n gesonde Kersfees! appeared first on SARIE.