Voordele Maklik om te neem, bestendige maandstondes en siklus, kan aknee en menstruele simptome verbeter, en verminder risiko vir kanker van die baarmoeder en eierstokke. Jy kan ook jou siklus manipuleer: Jy kan ’n maandstonde heeltemal oorslaan of met ’n week vervroeg/vertraag deur die manipulasie van die 7 “onaktiewe” suikerpille. As jy die suikerpille begin neem, is dit jou liggaam se aanduiding dis tyd om te menstrueer. Prof. Leon Snyman sê dis veilig om die “onaktiewe” pille oor te slaan en nooit te menstrueer nie.
Moontlike nadele Vergeet om dit te neem, vogretensie, gewig fluktueer, libido verminder, hiperpigmentasie, groter risiko vir kroonslagaarsiektes en bloedklonte. Ook hoofpyne, buikopsetting (opgeblaasde maag), teer borste.
Prys Sowat R100 – 200 per maand
*Dié inligting kom uit die artikel “Bloedklonte en die pil: Ken jou risiko” in SARIE se September-uitgawe. Dié uitgawe is nie meer op die rak nie, maar kan HIER afgelaai word.
Lees ook
The post Wat jy moet weet as jy op die pil is appeared first on SARIE.