Sukkel jy steeds om van daardie vetrolletjie ontslae te raak? Dis nie net oefening wat sorg vir ’n plat maag nie. Hier is 3 goue wenke.
Peusel-peusel
Moenie verwerkte kosse eet nie. Sogenaamde hoëvesel-kosse soos volgraanbrood en ontbytgraan is ongelukkig ook verwerk. Peusel aan kosse met baie voedingstowwe, soos rou neute, biltong, ’n stukkie kaas en vars vrugte. Studies wys amandels tussen etes help om jou eetlus te beheer.
Proteïene
Eet genoeg proteïene (vleis, vis, rou neute, kaas). Kies dierlike proteïene met min vet en jy kan ’n lekker groot porsie eet. Genoeg proteïene (die boustene van essensiële aminosure) help om jou brein se hormoonproduksie te reguleer. (Soos die goedvoelhormoon serotonien wat ook by slaap en eetlus betrokke is.) Dit versnel jou metabolisme en kan help om bloedsuikervlakke te stabiliseer.
Slaap!
Slaap genoeg. ’n Versteurde slaappatroon kan jou metabolisme verder omkrap – wat jou hormone beïnvloed en vet laat saampak.

FOTO: Instagram @meticulousdecorating
* Dié inligting kom uit die artikel “Weg met daai maag!” in die September 2014-uitgawe van SARIE. Dis ongelukkig nie meer te koop nie.
Lees nou
- Grimeer só as jy ’n bril dra
- Wat jy moet weet as jy op die pil is
- 4 vinnige wenke vir gekreukelde klere
The post Raak só ontslae van jou maag – 3 wenke appeared first on SARIE.